Baie dankie dat jy dit oorweeg om aansoek te doen by die Noordwes-Universiteit om jou te bekwaam in ingenieurswese.

Daar is verskillende maniere om toegang te kry tot een van ons akademiese programme. Die doel van die proses is om toegang tot die programme te verbeter, en om jou kans op sukses te verhoog.
Daarom neem die keuringskomitee die rol ernstig op om jou gereedheid vir suksesvolle ingenieurstudies te evalueer. Ons gebruik jou skooluitslae en ander faktore wanneer ons jou aansoek oorweeg. Elke aansoeker se spesifieke omstandighede sal bepaal watter toetse en inligting ons benodig om jou aansoek te oorweeg. Ons gebruik onder andere jou graad 11-uitslae, graad 12-uitslae, die Ingenieurstoets-uitslae en ander dokumentasie om aanbevelings oor jou aansoekproses te maak. 


Vewys na die inligting hieronder om jou deur die aansoekproses te lei.

Hoe werk die aansoekproses?

As jy belangstel om ingenieurswese te studeer, kan jy die volgende proses volg:
1.    Maak seker jy weet wat elkeen van die ingenieursrigtings behels en besluit in watter rigting jy wil studeer. Baie van die aansoekers woon ons ingenieursweke by om meer te wete te kom oor die verskillende ingenieursrigtings en om die senior studente en dosente te ontmoet.
2.    Maak seker wat die minimum vereistes is om vir ingenieurstudies te kwalifiseer (sien laer af).
3.    Doen aanlyn aansoek
4.    Wanneer jou aanlyn aansoek afgehandel is, sal die aansoekkantoor jou laat weet of jou aansoek:

a.    aanvaar is, maar onderhewig aan die graad 12 uitslae. Dit beteken dat jy nog op skool is en `n goeie kans staan om aan al die minimum vereistes te voldoen nadat jy die finale skoolverlatingseksamen geskryf het. Daarom is ons bereid om jou te aanvaar – onderhewig aan graad 12 uitslae, indien jy:

  • nie minder as 70% vir Wiskunde en 70% Fisiese Wetenskap het nie,
  • 60% vir die taal van onderrig en
  • `n APS van ten minste 34

b.    onvoorwaardelik aanvaar is (jy het reeds die skoolverlatingseksamen geskryf en voldoen aan al die minimum vereistes)
c.    deur ʼn keuringsproses geëvalueer sal word omdat

  • jou huidige graad 11-punte nie aan al die vereistes voldoen nie
  • jou finale skoolpunte nie aan die minimum vereistes voldoen nie
  • jy ʼn senior aansoeker is wat jou finale skooleksamen voor 2023 afgelê het

Die keuringsproses kan die volgende insluit, afhangende van jou omstandighede:

  • die Ingenieurstoets,
  • ander toepaslike toetse,
  • persoonlike onderhoude en
  • ʼn verskeidenheid van dokumentasie wat verskaf moet word, soos bepaal deur die keuringskomitee.

5.    Sodra jy onvoorwaardelik aanvaar is, sal jy ingelig word oor die datum, plek en tyd van aanmelding vir jou studies in ingenieurswese.

 

Wat is die minimum vereistes vir ingenieurswese?

Minimum matriekvereistes (NSS of IEB)​

  • Wiskunde: Minimum van 70%
  • Fisiese Wetenskap: Minimum van 70%
  • Taal: Minimum van 60% vir Afrikaans of Engels (die taal van onderrig)
  • APS-telling: Minimum van 34 
  • Vrystelling: Gr. 12-vrystelling

 

Minimum toelatingsvereistes vir aansoekers wat internasionale kurrikulums volg

  

Afrikaans/English

Mathematics

Physics and Chemistry

NSC

5

6

6

Cambridge IE

D on A level
C on AS level

C on A level
B on AS level

C on A level
B on AS level

HIGCSE

3

2

2

IB

5 on HL
6 on SL

6 on HL
7 on SL

6 on HL
7 on SL

NSSC

3 HL

2 HL

2 HL

Abitur A

8

10

10

Abitur SA

8

10

10

ACE

not accepted

not accepted

not accepted

NSSC

HIGCSE 3

HIGCSE 2

HIGCSE 2

Amerikaanse Hoërskool Diploma en SAT

C-
SAT Critical Reading and Writing: 610

B-
SAT Mathematics: 600

B-

GED online

not accepted

not accepted

not accepted

Abitur

3

2.3

2.3

* Bykomende kriteria: Jy moet jou O level-uitslae verskaf en die Ingenieurstoets aflê. 

 

Wat gebeur as ek nie aan die minimum vereistes voldoen nie?

As jy nie aan die minimum vereistes vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap en die APS-telling voldoen nie, is jy steeds welkom om aansoek te doen. Die keuringskomitee sal jou graag advies wil gee rakende roetes wat jy kan volg om te kwalifiseer.

Daar is verskillende toegangsroetes tot ingenieurswese, afhangend van die beskikbaarheid van plek in die programme. Hierdie artikuleringsroetes is soos volg:
 

1. Die Ingenieurstoets

Ons gebruik die Ingenieurstoets-uitslae sowel as jou akademiese geskiedenis om jou te adviseer oor die volgende stap in jou akademiese plan. Na goeddunke van die keuringskomitee kan ʼn aanvaarbare prestasie in die Ingenieurstoets en ʼn goeie akademiese rekord jou toelating tot ingenieurswese bied.
Ons sal jou dus toelaat om die Ingenieurstoets te skryf indien jou finale matriekpunte soos volg lyk:

Ten minste

  • 65% vir Wiskunde
  • 65% vir Fisiese Wetenskap
  • 60% vir Engels/Afrikaans (die taal van onderrig)
  • APS van 31

Vind meer uit oor die Ingenieurstoets


2. Naskoolse studies

As jou finale skoolpunte nie aan die minimum vereistes voldoen het nie, maar jy het jaarvlak 1 van ʼn BSc-graad met hoofstroom Wiskunde en Fisika voltooi (NWU-ekwivalente van MTHS111 en 121; en NPHY111 en 121), sal jy toegelaat word om in te skryf vir ingenieurswese. Die kriteria vir aanvaarding tot ingenieurswese is die volgende:

  • moes ten minste 60% in elk van die eerstejaar-BSc-modules behaal het
  • moes ten minste 120 krediete gedurende die eerste studiejaar voltooi het
  • bevredigende prestasie in die Ingenieurstoets.

Dit is ook moontlik om toegelaat te word tot ʼn ingenieursprogram met ʼn voltooide BSc-graad met hoofstroom Wiskunde en Fisika (NWU-ekwivalente van MTHS111 en 121, en NPHY111 en 121).


3. Xcel-voorbereidingsprogram

As jy minder as 60% vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap het, sal jy nie direk toegang tot die ingenieursprogramme kan kry nie, maar jy sal wel oorweeg kan word vir die Xcel-program
Indien jy verkies om via hierdie roete toegang tot ingenieurstudies te kry, sal jy vir die ingenieursprogramme aanvaar word as jy die Xcel-jaar voltooi, en aan die einde van die jaar aan al die ingenieursprogramvereistes voldoen het. 

Om vir die Xcel-program aansoek te doen, moet jy aanlyn by die NWU aansoek doen asook die Xcel-aansoekvorm aflaai. Stuur die voltooide vorm vir Sonette Becker.

Wanneer is ek finaal aanvaar?

As jy tans nog op skool is, sal jou finale aanvaarding eers kan plaasvind sodra jou finale skoolpunte beskikbaar is. As jy steeds aan die minimum vereistes voldoen nadat die finale uitslae beskikbaar is, sal jy outomaties aanvaar word.
Vir aansoekers wat voor 2022 matriek geskryf het, sal die finale aanvaarding eers plaasvind indien jy aan al die vereistes voldoen, en ʼn boodskap van die keuringskomitee ontvang het dat jy aanvaar is.

 

Wat beteken voorwaardelike aanvaarding?

Dit beteken dat jy aan al die voorgeskrewe vereistes voldoen, of dat jy deur die keuringsproses voorwaardelik goedgekeur is, maar jou finale skoolpunte is nog uitstaande. ʼn Voorwaardelike aanvaarding verander outomaties in ʼn onvoorwaardelike of finale aanvaarding as jy met jou finale skoolpunte steeds aan al bogenoemde vereistes voldoen.


Finale Opmerking

Die doel van die onderskeie artikuleringsroetes is om toegang tot ingenieurstudies te verbreed en om meer aansoekers die geleenheid te gee om in te skryf vir ingenieurswese. Dit is egter jou eie verantwoordelikheid om seker te maak dat jy aan die vereistes van die bepaalde artikuleringsroete voldoen.


Kontakbesonderhede

Kontak Sonette Becker vir navrae oor die Xcel-program: