Is jy ‘n skolier met ‘n liefde vir wiskunde en wetenskap? Ons studente by die NWU Fakulteit van Ingenieurswese wil graag vir jou wys hoe ons vakke  in regte ingenieursprojekte toegepas word. Hoe help dit jou? Jy sal kan sien hoe dit wat jy nou leer regtig in die praktyk gebruik word.

Hierdie program word deur ons Ingenieurstudente bestuur. Hulle het almal opleiding gekry om projekte en aktiwiteite vir skoliere te ontwikkel, en is ook opgelei om kennis aan skoliere te kommunikeer. Hulle praat jou taal – jy sal sien!

Wat het jy nodig om by die Engenius Kids Program aan te sluit?

  • Moet ten minste 70% vir Wiskunde en 60% vir Wetenskap hê
  • Moet in ingenieurswese en ingenieursprojekte belangstel
  • Moet ‘n positiewe houding teenoor die vakke en projekte hê
  • Moet betyds wees, elke projek bywoon en streef om die doelwitte van elke projek te bereik.

Laai jou aansoekvorm hier af: Aansoekvorm

Stuur die voltooide vorm na Sonette Becker by:
E-pos: sonette.becker@nwu.ac.za
Faks:  0865212622