Die FabLab (Fabriseringslaboratorium) is ‘n wêreldklas fasiliteit by die NWU Ingenieursfakulteit, wat dit vir gebruikers (van skoolleerlinge tot ingenieurs) moontlik maak om so te sê enige idee te bou, van  ingewikkelde troukaartjies tot hoë-tegnologie ratsisteme. Die FabLab bevat verskeie industriële-graad fabriserings- en elektroniese gereedskap, wat in verbruikersvriendelike sagteware en programme verpak is.

GEMEENSKAPSVOORDELE

Die FabLab gee aan die gemeenskappe in die Noordwes-Provinsie toegang tot vervaardigingstegnologieë en ondersteun dus algemene innovasie en fabrisering in die klein tot medium ondernemingsektor.

VOORDELE VIR SKOLIERE

Die doel van die FabLab is nie net om infrastruktuur te skep vir innoveerders om probleme op te los nie, maar ook om menslike hulpbronne en kruissnyvaardighede te ontwikkel. Ons moedig gemeenskapsinteraksie aan deur leerders vanaf die gemeenskap se skole te nooi om in aktiwiteite deel te neem. Ons gee hulle dan die vryheid om te ondersoek en te eksperimenteer, aangesien dit kreatiwiteit kan stimuleer wat om die beurt dan weer lei na nuwe uitvindsels. Hierdie ondervinding en blootstelling ontwikkel hulle rekenaarvaardighede en bevorder hulle vermoëns om hulle ontwerpe volgens skaal te vervaardig.

VOORDELE VIR STUDENTE

Die FabLab bring ‘n nuwe dimensie in ingenieurswese mee en help om die gees van innovasie van die NWU te versterk. Die studente het toegang tot die laboratorium, wat hul opgewondenheid oor wetenskap en tegnologie aanmoedig. Dit sal dan uiteindelik die ekonomiese sektore wat ‘n tekort aan werksmag ondervind, bevoordeel.

MASJINERIE

Die volgende masjiene en toerusting word in die FabLab gebruik:

  • Lasersnyer
  • Vinielsnyer
  • Modela Maalmasjien
  • TorchMate
  • Elektronika
  • Elektroniese werksbanke
  • 3D Drukker

Kontakbesonderhede