Boodskap van die Skooldirekteur

Welkom by die Skool vir Meganiese en Kerningenieurswese. Ons opwindende beroep is aan die voorpunt van transformerende innovasie. Die Meganiese en Kerningenieurswese program handhaaf 'n goeie balans tussen opleiding in die basiese wetenskappe, ingenieurswese-wetenskap en ontwerp. 'n Sterk fokus word ook geplaas op kreatiewe ontwerp sodat ingenieurs in staat is daartoe om hul kennis toe te pas en oplossings vir moeilike probleme te vind.

Ons is dankbaar vir jou belangstelling in Meganiese en Kerningenieurswese en ons nooi jou uit om ons akademiese programme, studente- en navorsingsaktiwiteite te ondersoek.

Prof Harry Wichers