Die Eskom-kragstasie-ingenieursinstituut (EPPEI) is in 2012 gestig en bied geleenthede vir navorsing en nagraadse opleiding in die kragbedryf. Akademiese spesialiste by ses voorste universiteite, tesame met agt universiteite van tegnologie in Suid-Afrika, span met spesialiste in die bedryf om ons kragbedryfstudente te onderrig, te mentor en te lei. Hierdie inisiatief maak voorsiening vir die opgradering van kwalifikasies en vaardighede van Eskom se ingenieurs en tegniese personeel.

Verskillende spesialiseringsentrums is by die 6 voorste universiteite gestig en sluit in:

  • Emissiebeheer – Noordwes-Universiteit
  • Energie-doeltreffendheid  – Universiteit van Kaapstad
  • Verbrandingsingenieurswese - Universiteit van die Witwatersrand
  • Materiaalkunde - Universiteit van Kaapstad
  • Plantbatebestuur - Universiteit van Pretoria
  • Hoë Spanning Ingenieurswese AC - Universiteit van die Witwatersrand
  • Hoë Spanning Ingenieurswese DC - Universiteit van Kwa-Zulu-Natal
  • Hernubare Energie – Stellenbosch Universiteit

Rig navrae aan Prof Burgert Hattingh