CRCED is ’n navorsingsinstelling van die Noordwes-Universiteit wat in Pretoria geleë is en op energiebestuur en bio-ingenieursnavorsing fokus. Energiebestuursnavorsing sluit bedryfsenergiesimulering, -optimalisering en stelselontwikkeling in. Die bio-ingenieursnavorsing fokus op metaboliese of energieverwante toestande soos kanker, diabetes en koronêre hartsiektes.

Met energiebestuur en bio-ingenieurswese as die hooffokus, is hierdie sentrum se missie om:

  • Deeltydse en voltydse nagraadse studiegeleenthede te bied;
  • Tot die opleiding van mensehulpbronne in tegnologie by te dra;
  • Akademiese uitnemendheid te lewer deur hoë navorsingsuitsette na te streef;
  • Goed-afgeronde ingenieurs te lewer deur praktiese loopbaanvereistes soos tegniese, skryf-, aanbiedings-, bemarkings- en bestuursvaardighede te ontwikkel;
  • Praktiese ingenieurservarings asook praktiese mentorskap te verskaf om vinnige IRSA-registrasie moontlik te maak; en
  • Akademiese kreatiwiteit in energiebestuur en bio-ingenieurswese te bevorder.

Vennootskappe:

ESKOM (energiedoeltreffendheid), IRSA (toewyding en die onderneming om die praktiese opleiding van nuwe gegradueerde ingenieurs te fasiliteer) en internasionaal die Principia Mathematica Inc (simulering).

Kontakbesonderhede:

Vir meer inligting oor die CRCED, kontak:

10728023@nwu.ac.za