Die Chemiese en Myn Industrieë is twee van die grootste Bruto Binnelandse Produk (BBP) bydraers in Suid-Afrika. 'n Beroep in die rigting verseker uitstekende beroepsgeleenthede en sekuriteit.

Boodskap van die Skooldirekteur

Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit staan stewig op twee pilare – Chemiese Ingenieurswese en Mineraalprosessering. Aangesien beide die chemiese en mynbedryf van die grootste BBP-bydraers in die land is, verseker albei hierdie studiemoontlikhede uitstekende werksgeleenthede, en talle van ons alumni het opwindende en uitdagende beroepe. Die chemiese of mineraalprosesseringsingenieur kan in enige deel van die ingenieursproses aktief wees – van die aanvanklike ontwikkeling van ’n idee tot die verkoop en eindproduk hantering.

Ons hoogs toegewyde personeel sal verseker dat elke student, wanneer hy of sy die universiteit verlaat, ten volle toegerus is om alle uitdagings wat die bedryf kan stel, die hoof te bied. Diegene wat egter verder wil studeer, sal vind dat ’n akademiese loopbaan net so opwindend soos een in die bedryf kan wees.

Wees een van die elite-ingenieursgroepe in die land!

Prof FB Waanders