Eenheid vir Energie- en Tegnologiestelsels

Die Eenheid vir Energie- en Tegnologie-stelsels (UETS) streef daarna om erken te word as sentrum vir kundigheid ten opsigte van navorsing en ontwikkeling van energie- en tegnologiestelsels wat vir die samelewing, die omgewing en die land relevant is. Ons hanteer nasionale strategiese doelwitte en eietydse kwessies deur ingenieursoplossings wat aan die bedryf se behoeftes voldoen, terwyl ’n balans tussen basiese en toegepaste navorsing gehandhaaf word.

Fokus

Binne die konteks van hierdie breë visie word fokus deur middel van fakulteitsondersteunde fokusgroepe verkry. Talle van hierdie groepe konsentreer primêr op energiestelsels, en daar is drie SANLI-leerstoele in (1) Kernenergie, (2) Biobrandstowwe en ander skoon alternatiewe brandstowwe, en (3) Steenkoolnavorsing, asook die entiteit waarvan Waterstofenergie die gasheer is, en ander fakulteitsondersteunde fokusgroepe soos Termiesevloeistelsels en Energiebestuur. 

Die getal fokusgroepe wat nie uitsluitlik met energiestelsels verband hou nie, het toegeneem. Die gevolg is dat die naam en identiteit van die Eenheid vir Energiestelsels in 2015 verander is na die Eenheid vir Energie- en Tegnologiestelsels (UETS) om hierdie groepe, soos Intelligensiestelsels, Telekommunikasie en IKT (Telenet), Dinamiese Modellering en Beheer van Grootskaalse Bedryfstelsels (McTronX), Vliegtuigontwikkeling, Gevorderde Vervaardiging, Bedryfsingenieurswese en Waternavorsing, in te sluit.

Die fokus van hierdie eenheid as geheel moet die bestaande en toekomstige probleme en uitdagings van die samelewing en die bedryf deur die sistemiese en sistematiese integrasie van hulpbronne en tegnologie hanteer.

Samewerking

Noue samewerking met sleutelbedryfsrolpelers soos Sasol, Eskom, Denel-lugvaart, Telkom en SAPPI, asook met die vernaamste navorsingsbefondsingsliggame, verseker die relevansie en volhoubaarheid van navorsingsprogramme. Lede van die fakulteit se Innovasie-ondersteuningskantoor is deurslaggewend in die begrip vir, onderhandeling met, en toepassing van die reëls vir die nuwe DHN-geadministreerde program vir tegnologie en mensehulpbronne vir die bedryf (THRIP). Die toename in die deelnamekoers gedurende 2015 aan die programme van die Tegnologie Innovasie-vereniging (TIA), die Suid-Afrikaanse Navorsingsinfrastruktuur-padkaart (SARIR) en die Klusterontwikkelingsprogram (CDP) sal in 2016 voortgaan.

Samewerkende navorsingsuitsette en/of studente-uitruilprogramme het plaasgevind tussen navorsers van die UETS en ander Internasionale HOI’s, soos die Louisiana State Universiteit, die Universiteit van Queensland, Texas A&M, Penn-State Universiteit, Freiberg Universiteit in Duitsland, die Universiteit van Gent, die Tegniese Universiteit van Dresden, die Universiteit van Noord-Dakota en Imperial-kollege.