Bedryfsingenieurs optimeer stelsels deur die ontwerp van kreatiewe oplossings wat mense, prosesse en tegnologie integreer. Hulle maak dit moontlik dat mense, tegnologie, inligting, materiale, metodes en geld produktief en doeltreffend kan saamwerk. Bedryfsingenieurswese het meer as ’n eeu gelede onstaan tydens die nywerheidsrevolusie toe nywerhede begin fokus het op die beste, goedkoopste en vinnigste manier om produkte te vervaardig. Dit is egter vandag noodsaaklik om bedryfsingenieurs in verskillende industrieë in diens te neem as gevolg van die vordering in tegnologie en die toenemende aanvraag in die industrie.
Bedryfsingenieurswese tel onder die 10 skaarsste vaardighede in Suid-Afrika. Om Bedryfsingenieurswese te studeer, word die volgende toelatingsvereistes gestel:
- 70% vir Wiskunde,
- 70% vir Fisiese Wetenskappe,
- 60% vir Huistaal (Engels of Afrikaans) en
- ’n TPT van 34
- Klik hier vir meer inligting
Die kurrikulum aan die NWU vir Bedryfsingenieurswese is soos volg:
Eerste jaar
- Inleidende Algebra en Calculus I
- Inleidende Anorganiese en Fisiese Chemie
- Basiese Fisika I
- Programmering vir Ingenieurs
- Ingenieursgrafika I
- Ingenieurspraktyk Prakties
- Taal- en Akademiese Geletterdheidsvaardighede
- Inleidende Algebra en Calculus II
- Statika en Wiskundige Modellering
- Basiese Fisika II
- Elektrotegniek I
- Inleiding tot Bedryfsingenieurswese
- Materiaalkunde I
Tweede jaar
- Gevorderde Calculus I
- Lineêre Algebra I
- Dinamika I
- Differensiaalvergelykings
- Elektrotegniek II
- Algoritmes en Optimering
- Verstaan die Tegnologiese Wêreld
- Termodinamika I
- Optimering en Numeriese Metodes
- Operasionele Bestuur vir Ingenieurs
- Inleiding tot Arbeidsreg
- Ingenieurskommunikasie
Derde jaar
- Simulasiemoddellering
- Ingenieurstatistiek
- Objek-georiënteerde Sagtewareontwikkeling
- Operasionele Uitnemendheid
- Verskaffingskettingbestuur
- Ingenieursekonomie
- Statistiese Leer vir Ingenieurs
- Gevorderde Optimering
- Beheerteorie I
- Vervaardigingstegnologie
- Wetenskap, Tegnologie en Samelewing
Vierde jaar
- Kwaliteitsversekering
- Fasiliteitsontwerp
- Bedryfsanalise
- Databasis en Webprogrammering
- Stelselingenieurswese
- Vakansie-opleiding
- Projek
- Ingenieursbestuur
- Besigheidsingenieurswese en -ontwerp
As 'n NWU-bedryfsingenieur kan u by die volgende professionele liggame registreer:
- Southern African Institute of Industrial Engineers (SAIIE)
- Engineering Council of South Africa (ECSA)
Bedryfsingenieurs kan in die volgende bedrywe werk:
- Vervaardiging, mynbou en energie
- Die voedselbedryf
- IT en telekommunikasie
- Logistiek en die aanbodketting
- Gesondheidsorg
- Die bankwese en finansies
- Ruimtevaart en lugvaart
- Landbou
- Dienslewering en konsultasiedienste