Die Skool vir Bedryfsingenieurswese het verskeie navorsingsfokusareas, naamlik:

  • Gesondheidstelselingenieurswese – Gesondheidstelselingenieurswese fokus op die gebruik van ingenieursinstrumente en ‑tegnieke om gesondheidstelsels te verbeter. Die spesifieke fokus van die groep is tans om bedryfsnavorsing en bestuurswetenskappe vir komplekse gesondheidsprobleme aan te wend.
  • Bedryfsingenieurswese in Landbou – Die doel van die groep is om bewese bedryfsingenieurstegnieke, asook toegepaste navorsing, te gebruik om landbouprosesse te verbeter en so te sorg dat maatskappye en plase meer effektief, doeltreffender en winsgewender is.
  • Bedryfsuitnemendheid – Hierdie navorsingsgebied behels die gebruik van navorsing om die kompleksiteite te ondersoek en te verstaan wat met die verbetering van prosesse en ingesteldhede in bedryfsomgewings verband hou.  Dit benut ook die teorieë oor verbetering in hierdie omgewings.
  • Bedryfsnavorsing en Data-ontleding – Bedryfsnavorsing (BN) fokus op die skepping van wiskundige modelle om werklike probleme so na aan optimaal as moontlik voor te stel en op te los. Ons maak op hierdie gebied gebruik van ingenieursinstrumente soos eksakte en heuristiese algoritmes (byvoorbeeld die branch-and-bound- en genetiese algoritmes), asook data-ontledings-/masjienleermodellering met behulp van klustervorming en voorspelde modellering onder toesig en nie onder toesig nie. Ons fokus daarop om praktiese lewensegte probleme op te los op gebiede soos beeldherkenning, natuurliketaalverwerking, logistiek, finansies en mynbou, en het ook ’n spesialebelangegroep wat op BN in gesondheidsorgtoepassings fokus.
  • Hernubare Energie – Die Hernubare Energie-navorsingsgroep in bedryfsingenieurswese by die NWU maak ’n volhoubare toekoms vir Afrika moontlik deur middel van wêreldklas-navorsing oor hernubare stowwe en bio-energie, adviesdienste, opleidingsprogramme en bewustheidsveldtogte. Die doel van die Hernubare Energie-navorsingsgroep is om die wêreld ’n beter plek te maak deur saam met besighede en professionele persone te werk om te help om volhoubare aanbodkettings daar te stel, en tegniese kennis en advies oor besigheidstrategieë te verskaf wat nodig is om hernubare energie te produseer wat tot voordeel van almal sal wees.
  • Tegnologie, Innovasie en die Samelewing – Die Tegnologie, Innovasie en die Samelewing-groep se doel is om kennis in bedryfsingenieurswese te gebruik om nuwe en innoverende tegnologieë aan te wend om die funksionaliteit van die groter samelewing te verbeter. Die groep doen ook uitvoerige navorsing oor die gebruik van Bedryf 4.0-tegnologieë en die aanvaarding en aanpassing van tegnologie in Suid-Afrika om te help om die gaping in die ontwikkeling van Derdewêreldnasies te help oorbrug.