Die NWU se Skool vir Elektriese, Elektroniese & Rekenaaringenieurswese bied vier verskillende voorgraadse kwalifikasies aan:
Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
Elektriese en elektroniese ingenieurs ontvang opleiding in elektriese sowel as elektroniese ingenieurswese, en beskik oor die vermoë om metodes en tegnologieë oor dissiplines heen te integreer. Aan die elektriese kant ontvang die elektriese en elektroniese ingenieur opleiding in die opwekking, bestuur, ontwerp, vervaardiging, toepassing en instandhouding van elektriese en kragopwekkingstelsels. Die NWU se program fokus spesifiek op die uitwerking van hernubare opwekking op die gehalte van verskaffing, netwerkstabiliteit, en netwerkbeskerming. Aan die elektroniese kant ontvang die elektriese en elektroniese ingenieur opleiding oor kontrole en instrumentasie ter ondersteuning van die elektriese bedryf.
Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswese
Rekenaar- en elektroniese ingenieurs maak die wêreld ʼn meer doeltreffende plek deur mense en hul leefwêreld te verbind aan die digitale wêreld van rekenaarstelsels en die internet. Hulle doen dit deur gebruik te maak van elektronika, ingebedde stelsels, programmeringsvaardighede, en data-analise om besigheidsbesluitneming te fasiliteer en om die internet van dinge op te bou. Rekenaar- en elektroniese ingenieurs se ontwerpervaring maak hulle gesogte werknemers in industrieë wat wissel vanaf die telekommunikasiewese, proseskontrole en lugvaartkunde tot die banksektor en sagteware-ontwikkelingsmaatskappye.
Megatroniese Ingenieurswese
Megatroniese Ingenieurs ontwikkel en ondersteun die gevorderde industriële outomatiseringstelsels van die toekoms. Dit word bewerkstellig deur die kennis van elektronika, metings, geïntegreerde stelsels en beheerteorie te kombineer om meganiese strukture en meganismes te beheer. Hul kennis van rekenaarprogrammering en data-analise stel hulle in staat om intelligente en effektiewe megatroniese stelsels te ontwikkel. Megatroniese Ingenieurs sal werk vind in die prosesbeheer industrie, motorvervaardiging industrie, mediese toerusting ontwikkeling en landbouverwerking stelsels. Die Noordwes-Universiteit bied op-kampus praktiese ervaring in die laboratoriums vir elektronika en industriële outomatisering.
Splinternuwe kwalifikasie in megatroniese ingenieurswese vir die NWU
Die Fakulteit Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit (NWU) kondig met trots aan dat ons ’n splinternuwe ingenieurskwalifikasie by ons bestaande reeks programme gaan voeg. Die Baccalaureus-graad in Megatroniese Ingenieurswese is deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika (IRSA) goedgekeur en sal gegradueerdes in staat stel om internasionaal op die wêreldtoneel mee te ding. Hierdie program gaan van 2021 af aangebied word. Lees meer.