Welkom by die Skool vir Meganiese Ingenieurswese. Ons opwindende professie is op die voorpunt van transfomasie-innoverings. Die Meganiese Ingenieurswese-program handhaaf ’n goeie balans tussen opleiding in die basiese wetenskappe, ingenieurswetenskap, en ontwerp. Daar word groot klem geplaas op kreatiewe ontwerp sodat ingenieurs hulle kennis kan toepas om oplossings vir ingewikkelde probleme te vind.
Ons is dankbaar dat jy in meganiese ingenieurswese belangstel en ons nooi jou uit om ons akademiese programme, studente-aktiwiteite en navorsingsprojekte te ondersoek.

Elektromeganiese Ingenieurswese

Elektromeganiese ingenieurs bring die beginsels van elektriese en meganiese ingenieurswese na die werkplek. Die belangrikste doelstellings van ʼn elektromeganiese ingenieur is om die gedrag van verskeie energie-oordragkoppelvlakke te bestuur en te beheer, met inbegrip van elektriese, meganiese en chemiese prosesse en masjinerie binne ʼn industriële omgewing. Die grondliggende elektriese en meganiese kennis sal die elektromeganiese ingenieur in staat stel om ʼn multidissiplinêre aanleg of fabriek op ʼn praktiese vlak doeltreffend te bestuur, en sal dit vir hom/haar moontlik maak om gesondheids-, veiligheids- en gehaltebeginsels in die industriële werkomgewing te bestuur.

Impakvolle navorsing

'n Reeks video's sal die NWU Fakulteit Ingenieurswese se navorsing wat 'n impak op die samelewing het, ten toon stel. In hierdie video verduidelik prof LJ Grobler hoe 'n afwentelmaatskappy van die Skool vir Meganiese Ingenieurswese genaamd CFAM van krag tot krag gegroei het.

 

Voornemende studente

  • Jou aansoek word op grond van twee faktore oorweeg: of jy aan die basiese kriteria voldoen (vereistes wat op die NSS sowel as die IEB van toepassing is), en hoe goed jy in die ingenieurstoets presteer.

  • Ons fakulteit gebruik ’n ingenieurstoets bykomend tot jou skoolpunte en naskoolse akademiese rekord om jou kans op toelating te vergroot. Dit is nie dieselfde as die NBT-toets nie, en dit is ook nie ’n loopbaanvoorligtingstoets nie. Die ingenieurstoets is deur ’n span ingenieurs en ander kundiges opgestel om jou vermoë te toets om soos ’n ingenieur te dink en om vas te stel hoe gemaklik jy in die konteks van ingenieurswese sal funksioneer.

  • Akademiese jaarboekeks

  • Keuringsinligting

Doen hier aansoek