Die NWU Ingenieursfakulteit bied elke jaar gedurende die Maart- en Junievakansies Ingenieursweke aan om skoliere die geleentheid te bied om praktiese ondervinding in die verskeie dissiplines van ingenieursonderrig op te doen. Tydens die Ingenieursweek sal jy eet soos ‘n NWU-PUK, leef soos ‘n NWU-PUK en pret hê soos ‘n NWU-PUK. Pretprojekte, besoeke aan die industrie en ʼn kampusverkenning sal jou help om meer te wete te kom oor ingenieurswese en die unieke NWU studentelewe.

Die datums vir die 2 Ingenieursweke in 2020, is soos volg:

  • 24 - 27 Maart
  • 23 - 26 Junie

Kostes vir die Ingenieursweek beloop R2750 per persoon en dek verblyf, etes, asook alle aktiwiteite wat plaasvind tydens die Ingenieursweek.

Doen aanlyn aansoek vir die Ingenieursweek deur op hierdie skakel te kliek.

Vir enige navrae, voel vry om Angie Danster te kontak by (018) 299 1985 of via e-pos by angie.danster@nwu.ac.za.