Beskikbare voorgraadse kwalifikasies

Die NWU Fakulteit Ingenieurswese bestaan ​​uit vier verskillende skole wat Baccalaureus Ingenieurswese (BIng) voorgraadse programme aanbied:


 

Skool vir Chemiese Ingenieurswese

 ◉ Chemiese Ingenieurswese

 

Skool vir Bedryfsingenieurswese

◉ Bedryfsingenieurswese

 

Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese

◉ Elektriese- en Elektroniese Ingenieurswese
◉ Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswese
◉ Megatroniese Ingenieurswese

 

Skool vir Meganiese Ingenieurswese

◉ Meganiese Ingenieurswese
◉ Elektromeganiese Ingenieurswese

 


Wat is die minimum vereistes vir ingenieurswese?

Minimum matriekvereistes (NSS of IEB)​

  • Wiskunde: Minimum van 70%
  • Fisiese Wetenskap: Minimum van 70%
  • Taal: Minimum van 60% vir Afrikaans of Engels (die taal van onderrig)
  • APS-telling: Minimum van 34 
  • Vrystelling: Gr. 12-vrystelling

 

Minimum toelatingsvereistes vir aansoekers wat internasionale kurrikulums volg

  

Afrikaans/English

Mathematics

Physics and Chemistry

NSC

5

6

6

Cambridge IE

D on A level
C on AS level

C on A level
B on AS level

C on A level
B on AS level

HIGCSE

3

2

2

IB

5 on HL
6 on SL

6 on HL
7 on SL

6 on HL
7 on SL

NSSC

3 HL

2 HL

2 HL

Abitur A

8

10

10

Abitur SA

8

10

10

ACE

not accepted

not accepted

not accepted

NSSC

HIGCSE 3

HIGCSE 2

HIGCSE 2

Amerikaanse Hoërskool Diploma en SAT

C-
SAT Critical Reading and Writing: 610

B-
SAT Mathematics: 600

B-

GED online

not accepted

not accepted

not accepted

Abitur

3

2.3

2.3

* Bykomende kriteria: Jy moet jou O level-uitslae verskaf en die Ingenieurstoets aflê. 


Hoe om aansoek te doen

As jy aan die minimum toelatingsvereistes voldoen en verdere besonderhede oor die aansoekproses vir enige van hierdie programme soek, klik hier.

Wat gebeur as ek nie aan die minimum vereistes voldoen nie?

Indien jy nie aan die minimum vereistes in Wiskunde en Fisiese Wetenskap voldoen nie, asook die vereiste TPT-telling, word jy steeds aangemoedig om vir ingenieurstudies aansoek te doen. Toegang tot ingenieursprogramme word gefasiliteer deur alternatiewe artikulasieroetes, afhanklik van programbeskikbaarheid. Hierdie alternatiewe roetes sluit in:

  1. Die Ingenieurstoets:
    Voornemende ingenieurstudente wat graad 12 voltooi het maar nie aan die minimum toelatingskriteria voldoen nie, kan aansoek doen om die Ingenieurstoets af te lê om vir 'n BIng-graad in te skryf. Die toets kan slegs onderneem word na ontvangs van 'n uitnodiging van die keurkomitee na aansoek. Klik hier vir meer inligting oor die Ingenieurstoets.
     
  2. Xcel-program:
    Die Xcel-program laat matrikulante toe om graad 12 Wiskunde en Fisiese Wetenskappe te herskryf om hul punte te verbeter en weer vir ingenieursprogramme aansoek te doen. Vir meer inligting oor die Xcel-program, klik hier.

Meer inligting

Om meer inligting oor die verskillende voorgraadse programme te verkry, ondersoek gerus die Voorgraadse Jaarboek en verken ons sosiale media platforms.