Die BIng programme van die fakulteit is so saamgestel dat dit aan die vereistes van die Suid‑Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) vir akkreditasie, voldoen.  Dit beteken dat elke program die nodige aantal vereiste krediete per ECSA kennisarea insluit en ook so saamgestel is dat dit aan alle ECSA uittreevlak-uitkomste voldoen. So onlangs soos Augustus 2021 is al ons voorgraadse programme deur ‘n ECSA-paneel geevalueer met die oop op die volgende 5-jaar akkreditasiesiklus.

 

Die nuutste program in Megatroniese Ingenieurswese is aan die einde van 2022 voorlopig erken deur ECSA. ‘n Volledige akkreditasie-evaluering sal plaasvind sodra die eerste groep Megatroniese Ingenieurs gegradueer het. Op grond daarvan sal die grade van die eerste graduandi – asook graduandi daarna – volwaardig erken sal word.

 

Die baccalaureusgrade wat in die Fakulteit Ingenieurswese toegeken word, word erken deur:

  • Die Suid‑Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) as kwalifiserende grade vir registrasie as professionele ingenieur (Prlng) volgens die Wet op die Ingenieursweseprofessie van Suid-Afrika (Wet nr. 46 van 2000).
     
  • Die volgende ingenieursverenigings vir lidmaatskap, wat insluit:
      SA Instituut van Chemiese Ingenieurs (SAIChI)
      SA Instituut van Elektriese Ingenieurs (SAIEI)
      SA Instituut van Meganiese Ingenieurs (SAIMI)
      SA Instituut vir Mynbou en Metallurgie (SAIMM)
     
  • Ander binnelandse en buitelandse universiteite vir verdere nagraadse studie.

Internasionale erkenning

ECSA is ’n ondertekenaar van die Washington Verdrag en daarom word die grade wat deur ECSA vir die opleiding van professionele ingenieurs geakkrediteer is, ook internasionaal deur ander ondertekenaars van dié verdrag erken.  Hierdie ooreenkoms verseker dus wedersydse erkenning van geakkrediteerde BIng-grade.  Programme word elke ses jaar geoudit om volhoubare standaarde te verseker.

BIng-graduandi van die Noordwes Universiteit se opleiding word dus erken vir registrasie as Professionele Ingenieur (of ekwivalente) in lande wat dié verdrag onderteken het.

Die Washington Verdrag ondertekenaars sluit lande in soos: Australië, Kanada, Chinese Taipei, Hong Kong China, Indië, Ierland, Japan, Suid-Korea, Maleisië, Rusland, Nieu-Seeland, Singapoer, Suid-Afrika, Sri Lanka, Turkye, Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika.

Dié lys van huidig ondertekenaars kan gevind word by http://www.ieagreements.org

Let wel: 
ECSA vereis dat ‘n gegradueerde ingenieur indiensopleiding vir ‘n tydperk van drie jaar ondergaan, onder die leiding van ‘n professionele ingenieur, alvorens hy/sy as ‘n professionele ingenieur kan registreer. Hierdie tydperk mag met een jaar verkort word nadat ‘n gevorderde universiteitsgraad bekom is (kragtens die Wet op die Ingenieursprofessie).

 

Ons Fakulteit CPD nommers is soos volg:
  • ECSA CPD Licensed Body Ref Number LB_052/2026
  • ECSA CPD Service Provider Ref Number SP_040/2026
  • Kontak: Mev Vanda Pretorius by vanda.pretorius@nwu.ac.za

 

NWU FAKULTEIT INGENIEURSWESE PROGRAMME AKREDITASIE BEVESTIGING