Die Energie Navorsingsgroep (ERG) is ’n multidissiplinêre navorsingsgroep wat in die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit geleë is. Die ERG doen innoverende navorsing en bied navorsingsgeleenthede op Baccalaureus- (finalejaar-), Meestersgraad-, PhD- en Nadoktorale genoot vlak aan.

Die navorsing wat deur die ERG gedoen word is altyd daarop gefokus om baanbrekersoplossings te verskaf. Die groep streef daarna om grense te verskuif om energie effektiwiteit en energie bestuur te verbeter. Die ERG bied unike oplossings vir probleme wat deur die bedrywe in die energiesektor op beide nasionale en internasionale vlak ervaar word.  

Navorsingsfokus:

Fokus op energie effektiwiteit, energie bestuur en energie-ingenieurswese in die volgende spesialiseringsvelde:

  • Elektriese masjiene
  • Drywingselektronika
  • Beheer-ingenieurswese

Binne hierdie velde fokus ons onder andere op elektriese voertuie, mikro windturbine kragopwekkers, waterenergie generasie en sonenergie verkoelingsisteme.

    Internasionale vennote:

    • Universiteit van New Orleans, VSA
    • Amerikaanse Universiteit van Irak, Irak
    • Universiteit van Warwick, VK

    Kontakbesonderhede:

    Vir meer inligting oor die navorsingsprojekte en uitsette, kontak prof Rupert Gouws:

    E-pos: Rupert.Gouws@nwu.ac.za