Die Telenet-navorsingsgroep is ’n fokusgroep aan die NWU se Fakulteit Ingenieurswese. Die navorsing wat deur die Telenet-groep gedoen word, val breedweg binne die gebied van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT), met spesifieke projekte wat op telekommunikasie, datanetwerke, inligtingsekuriteit en verwante toepassings fokus.

Die Telenet-navorsingsgroep bestuur ’n toegewyde navorsingslaboratorium, genaamd die Shannon-laboratorium. Hierdie laboratorium huisves die Cisco-akademie en gespesialiseerde telekommunikasie-navorsingstoerusting, rekenaars en eksperimentele stelsels.

Die Telenet-groep is aktief betrokke by bedryfsvennote soos Telkom en GEW. Telenet handhaaf goeie verhoudings in die nasionale akademiese wêreld en ’n paar internasionale akademiese netwerke deur aktief in hersieningspanele van regeringsdepartemente, in vaktydskrifte en aan konferensies deel te neem, asook deur as eksterne eksaminators vir ander Suid-Afrikaanse universiteite op te tree.

Die Telenet-groep ontvang hoofsaaklik befondsing van Telkom via die Telkom-sentrums vir uitnemendheid-inisiatief. Telenet verskaf mensehulpbronontwikkeling op die gebied van telekommunikasie deur die NWU se nagraadse kwalifikasieprogramme.

Kontakbesonderhede:

Vir meer inligting oor navorsing wat deur hierdie groep gedoen word, kontak prof Albert Helberg by:

E-pos: Albert.Helberg@nwu.ac.za