Agtergrond

Die kernaktiwiteit van die McTronX-navorsingsgroep is die dinamiese stelselsmodellering, beheer en prosesmonitering van grootskaalse industriële stelsels. Kenmerkend van die groep is die multidissiplinêre aard van sy projekte.

Die naam McTronX is 'n akroniem na die veld van megatronika en is gekies as gevolg van die sterk aktiwiteit in die gebied van aktiewe magnetiese laers (AMBs) (’n produk van megatronika), in die aanvanklike jare (2004) van sy bestaan. 'n Eweneens sterk aanvanklike aktiwiteit het die modellering, beheer en prosesmonitering van termiese-vloeistof energie-omskakelingsisteme ingesluit. Sedert 2014 het die fokus sterk geskuif na energie-gebaseerde monitering van grootskaalse industriële aanlegte, insluitend petrochemiese prosesse vir die doel van foutopsporing en isolasie.

As gevolg van die multidissiplinêre aard van die groep se aktiwiteite, neem personeel en nagraadse studente oor die ingenieursdissiplines van elektries, meganies en chemies deel. Tot einde 2023 het die groep meer as 70 meestersstudente en 16 PhD-studente gelewer. In terme van publikasies het meer as 60 geakkrediteerde tydskrifartikels en 50 internasionale konferensiebydraes uit die navorsing voortgespruit.

Stigter

Prof. George van Schoor het die navorsingsgroep in 2003 gestig as gevolg van die navorsingsbehoeftes van die PBMR-projek wat destyds in Suid-Afrika aan die gang was. Die behoeftes het dinamiese modellering en beheer op die hoof termohidrouliese siklus sowel as AMBs ingesluit wat gesien is as 'n moontlikheid tegnologie.

Missie

Modellering, beheer en prosesmonitering dra by tot die veiligheid en prestasieverbetering van industriële prosesse. Die verbetering kan gekwantifiseer word in terme van spesifieke doelwitte waarvan energie-doeltreffendheid, produkgehalte of aanlegbetroubaarheid die mees prominent is.

Navorsingsfokus

  • Energie-gebaseerde monitering en beheer van grootskaalse industriële aanlegte.
    • Standaardisering van die energie-gebaseerde toestandmonitering.
    • Masjienleer en statistiese leeralgoritmes vir die doeleindes van energie-gebaseerde prosesmonitering.
    • Sagte sensing / afleiding van energie-eienskappe.
    • Laboratoriumskaal konsep demonstreerders.
  • Modellering en beheer van hernubare energie stelsels.
  • Modellering en beheer van ondersteunende mediese toestelle.

Vennootskappe

Industrieel:

  • Sasol
  • Proconics
  • MTech Industrial

Akademies: 

  • Die McTronX-navorsingsgroep onderhou internasionale samewerking met die Universiteit van Toegepaste Wetenskappe Zittau / Görlitz in Duitsland sedert 2004, gekenmerk deur gereelde personeel- en studentuitruilings.

  • Plaaslike samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, Departement Prosesingenieurswese

Nagraadse Studies

Ons nooi voornemende Meesters- en PhD-studente uit om saam met die McTronX-navorsingsgroep 'n opwindende navorsingsreis te onderneem. Voel vry om ons te kontak vir meer inligting oor ons navorsingsprojekte en uitsette.

Kontak ons: