Die navorsingsgroep Materiale, Vibrasie-ontleding en Vervaardiging, is in die Skool vir Meganiese Ingenieurswese aan die NWU se Fakulteit Ingenieurswese geleë. Hierdie navorsingsgroep spesialiseer in die selektering van materiale vir ontwerpe, keramiekwerk, en die vervaardiging van slytweerstandige matriks-saamgestelde keramiekmengsels, hoëtemperatuur-kernmateriale, die vervaardiging van beskermende lae vir metale en materiale, materiaalintegriteit en faalontleding, vibrasiemitigasie en vibrasie-ontleding.

Die groep huisves projekte wat deur verskeie entiteite gefinansier word:

  • By een van die projekte is die NWU gasheer vir PhD- en meestersgraadstudente met beurse van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (NECS) en die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DST) vir projekte wat met beskermende deklae, keramiekprosessering, reaksiemodellering, afval-enkapsulering en die vermindering van data tydens residuele stresbepaling deur neutrondiffraksie- (SAFARI-I-) ontleding verband hou.
  • In nog ’n projek borg die DHN en Ametex (Edms) Bpk kontraknavorsing via ’n THRIP-projek oor industriële klepontwerp, gietmodellering en die giet van klephuise in ’n poging om Suid-Afrika se mededingendheid op hierdie gebied van vervaardiging te verbeter.

Ander belangrike navorsing is:

  • Die benutting van remmingsenergie by dieselelektriese lokomotiewe vir die dienssiklus van die Suid-Afrikaanse spoorweë.
  • Hoëspoed-freeswerk van titaan wat in samewerking met die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad) gedoen word.
  • Die verbetering van die flenslas-integriteit van pypstelsels deur die gerieflike metode van die AME se navorsingsraad oor drukketels om boutlading vas te stel en die aanwending van wrywingsverminderende pastas te gebruik.
  • Faling van materiale, en vibrasie-absorpsie-ontwerpe vir Lonmin (Edms.) Bpk. en ander maatskappye met studente wat navorsing doen oor vibrasie-isolering en optimalisering van die strukturele ontwerp van korrelsiwwe, die integriteit van ’n girokopter-rotorblad en IT-integrasie van die monitering van die toestand van industriële ratkaste en draaimasjiene.

Kontakbesonderhede:

Vir meer inligting oor die werk wat die navorsingsgroep doen, kontak asseblief vir prof Johan Markgraaff by:

E-pos: Johan.Markgraaff@nwu.ac.za