Die Departement van Wetenskap en Tegnologie van Suid-Afrika het die Nasionale Waterstof- en Brandstofseltegnologie (HFCT) se navorsing-, ontwikkeling- en innovering- (RDI-) strategie ontwikkel. Die nasionale strategie word Waterstof Suid-Afrika (HySA) genoem.

DWT HySA Infrastruktuursentrum van Bevoegdheid, wat gesamentlik die NWU en die WNNR hanteer word, fokus daarop om kostemededingende oplossings te ontwikkel vir die opwekking van waterstof met behulp van hernubare energie en ander chemiese draers, asook vir die stoor en verspreiding van waterstof. Sleutelgeriewe van HySA Infrastruktuur gaan voort om moderne tegnologieë te ontwikkel vir waterstofproduksie wat daarin slaag om waterstof vir stilstaande sowel as nie-stilstaande toepassings op die perseel en op aanvraag te verskaf.

Die oorkoepelende visie van die HFCT RDI-strategie is om welvaart, werksgeleenthede en die skepping van IPR daar te stel deur die totstandkoming van nuwe hoëtegnologiebedrywe wat gebaseer is op minerale wat op Suid-Afrikaanse grond aangetref word. Daarbenewens sal die bestaan van die algemene bevolking verbeter word deur byvoorbeeld die verskaffing van betroubare en skoon elektrisiteit.

Kontakbesonderhede:

Vir meer inligting oor ons navorsingsgroep en uitsette, kontak dr Dmitri Bessarabov by:

E-pos: dmtri.bessarabov@nwu.ac.za

of besoek ons webwerf: www.hysainfrastructure.org.