Die vliegtuigontwikkelingsgroep fokus op aërodinamiese en strukturele navorsing wat die prestasie en veiligheid van sweeftuie en ligte vliegtuie kan verbeter. Die tegnologie wat uit die navorsing verkry word, word dan direk in nuwe ontwerpe geïmplementeer en het groot kommersiële waarde. Die groep fokus ook op nuwe tegnologieë vir die vervaardiging van hierdie vliegtuie om die gehalte daarvan te verbeter en die vervaardigingskoste te verminder. Hierdie sweeftuie is regoor die wêreld gesog onder van die beste loodse wat internasionaal aan sweeftuigkompetisies deelneem.

Finalejaar-ingenieurstudente, asook nagraadse studente wat in die groep werk, ervaar ’n hoëtegnologie-, gekommersialiseerde omgewing wat hulle verder vir ’n loopbaan in hierdie bedryf voorberei. Die groep se bedryfsvennote is Jonker Sailplanes en On Track Technologies.

Projekte is die volgende:

  • JA-1 FAI 18-meter-sweeftuigontwikkeling
  • JS-1 stralerondersteuningstelsel
  • JS-1 FAI-oopklas 21-meter-sweeftuig
  • JS-2 selflanseer-sweeftuig (2016)

Prestasies:

  • Eerste vlug van die JS1-prototipe – Desember 2006
  • SABS DISA se voorsitterstoekenning vir ontwerpuitnemendheid, 2007
  • Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid- (SACAA-) tipe sertifikaat vir die JS1-sweeftuig, 2010
  • Onthulling van die oopklas-weergawe van die JS1 in Uvalde, Texas, tydens die wêreld-sweeftuigkampioenskappe in 2012
  • ’n Bronsmedalje van die Royal Aeronautical Society (RAeS) in Londen. Dit is die heel eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse organisasie so ’n gesogte toekenning van die RSeS ontvang sedert sy ontstaan in 1866
  • Talle eerste plekke in nasionale sweeftuigkampioenskappe regoor die wêreld deur loodse wat die JS1-sweeftuig loods

Kontakbesonderhede:

Kontak asseblief vir dr Johan Bosman by:

Johan.Bosman@nwu.ac.za