Die termiesevloei-navorsingsgroep is betrokke by onder andere die volgende:

  • Ontwikkeling van termiesevloei-navorsingstoetsgeriewe.
  • Die ontwikkeling van die volgende generasie CO2-hittepomptegnologie.
  • Geïntegreerde sonkrag-waterverhitting met hittepompe.
  • Toepassing van numeriese modelleringstegnieke vir die simulasie van energiestelsels.
  • Die Ingenieurswese Analise-groep (EAG), in samewerking met die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika Optimalisering en kontrole deur wiskundige modellering van termiesevloeistelsels vir die bedryf.
  • Die gebruik van biomassa vir die opwekking van elektrisiteit.

Die navorsing dra op verskillende vlakke by:

  • Energiedoeltreffende waterverhitting-hittepompe het gehelp om elektrisiteit wat deur die verbruiker gebruik word, te bespaar, en só die las op die toevoerrooster te verminder.
  • Die volgende generasie hittepompe fokus daarop om die aardverwarmingsimpak te verminder van huidige verkoelingsmiddels wat in die bedryf gebruik word.
  • Die betrokkenheid by biomassa-tot-elektrisiteit fokus op skoner alternatiewe maniere om elektrisiteit vir kleiner bedryfstoepassings op te wek in plaas van met die konvensionele steenkoolverhittingstelsels.
  • ’n Groot komponent van die elektrisiteitsverbruik by diepmynbou word vir die verkoeling van die ondergrondse omgewing gebruik. Die navorsing ten opsigte van mobiele ondergrondse verkoeling fokus op energiedoeltreffendheid om die elektrisiteitsverbruik te verminder.
  • Die Ingenieurswese Analise-groep (EAG) ondersoek, modelleer en implementeer optimale energiehulpbrongebruik vir enige ingenieursaanleg, veral in ’n fluktuerende proses en hulpbronvloei-omgewing.  Termiesevloeimodelle word pasklaar vir ’n aanleg gemaak, wiskundig geoptimaliseer en intyds met behulp van statistiese voorspellingsmodelle geïmplementeer.

Bedryfsvennote sluit in:

  • M-Tech Industrial (Edms.) Bpk.
  • Eskom via M-Tech Industrial
  • Korea Atomic Energy Research Institute (KAERI)
  • Sasol
  • One Green Engineering BK

Van die belangrikste projekte wat deur die termiesevloei-navorsingsgroep voltooi is, sluit in:

  • Betrokkenheid by die ontwikkeling van die modulêre en mobiele verkoelingseenhede vir gebruik in ondergrondse mynbou, in samewerking met M-Tech Industrial.
  • Die hittepomp-THRIP-projek wat op die evaluering van energiedoeltreffendheidsimpak van waterverhitting-hittepompe in die kommersiële sektor gefokus het.
  • Navorsingsbetrokkenheid by die ontwikkeling van die modulêre korrelbedreaktor (MKBR), insluitende die ontwikkeling van die hoëtemperatuurtoetseenheid (HTTE) en die hoëdruktoetseenheid (HDTE).

Kontakbesonderhede:

Vir meer inligting wat met die navorsingsgroep verband hou, kontak prof Martin van Eldik (martin.vaneldik@nwu.ac.za) of dr Jan-Hendrik Kruger (janhendrik.kruger@nwu.ac.za).