Verken die Wêreld van Ingenieurswese by ons 2025 Ingenieurswese Ervaring!

Is jy gereed om die opwindende wêreld van ingenieurswese te ontdek?
Sluit by ons aan vir die 2025 Ingenieurservaring—'n unieke geleentheid vir leerders in grade 8 tot 12 om die opwindende moontlikhede van ingenieurswese te verken! Of jy nuuskierig is oor hoe dinge werk of droom van 'n loopbaan in ingenieurswese, hierdie program bied jou die kans om eerstehands met tegnologie en innovasie te werk wat die toekoms vorm.
Die Ingenieurservaring is ontwerp om leerders te inspireer en te motiveer om Wiskunde en Fisiese Wetenskappe aan te pak, deur die werklike toepassings van hierdie vakke op 'n praktiese en boeiende manier te wys.
Wat kan jy verwag?
- Ontmoet ons ingenieurs en studente: Skakel met ervare ingenieurs, dosente en huidige ingenieursstudente. Kry 'n realistiese blik op hoe dit is om in die veld te studeer en werk, en laat jou inspireer deur hul stories.
- Kampustoer & studentelewe: Verken ons kampus en fasiliteite wat leer en innovasie ondersteun, en ervaar die lewe van 'n ingenieursstudent.
- Verken verskillende ingenieursrigtings: Ontdek die belangrikste ingenieursprogramme van die Noordwes-Universiteit.
- Praktiese ingenieursaktiwiteite: Neem deel aan werklike projekte, bou iets indrukwekkends en sien hoe jou idees tot lewe kom. Neem jou kreatiewe projekte huis toe!
- Spanwerk en probleemoplossing: Werk saam aan uitdagings wat ingenieurs elke dag aanpak—net soos in die werklike wêreld.
Geleenthede vir 2025
Ons bied drie opwindende programme aan wat leerders die kans gee om meer insig in ingenieurswese te kry:
1. #IngenieursPretDag – 29 Maart 2025
- Vir: Leerders in grade 8–12
- Koste: R750 per leerder
- Ingesluit: Middagete, versnaperings, geskenksak en toegang tot alle aktiwiteite en aanbiedings.
2. #IngenieursPretWeek – 1–4 Julie 2025
- Vir: Leerders in grade 10 , 11 en 12
- Koste: R2500 per leerder
- Ingesluit: Akkommodasie, vervoer na besighede, alle maaltye en versnaperings, en toegang tot aktiwiteite en aanbiedings.
3. #IngenieursWinterSkool – 1–4 Julie 2025
- Vir: Graad 12-leerders met ‘n Wiskunde en/of Fisiese Wetenskap punt tussen 60% en 70%.
- Ingesluit: Benewens akkommodasie, alle maaltye, middag- en aandpretaktiwiteite en interaksie met maats (ander graad 10–12 leerders, studente en ingenieurs):
- 10 uur intensiewe voorbereiding vir die Wiskunde voorlopige eksamen deur Gustav Potgieter.
- 10 uur intensiewe voorbereiding vir die Fisiese Wetenskap voorlopige eksamen deur Corneels Schabort.
- Maksimum groepgrootte van 24 leerders vir persoonlike aandag.
- 24/7 KI-tutorbot om eksamenvrae te oefen.
- Twee aanlyn tutoriale per vak tydens die rekord- en eindeksamen.
- Koste:
- Slegs Wiskunde (2 dae, 1 nag, 24/7 KI-tutorbot, 2 aanlyn tutoriaals): R1900
- Slegs Fisiese Wetenskap slegs (2 dae, 1 nag, 24/7 KI-tutorbot, 2 aanlyn tutoriaals): R1900
- Beide vakke (4 dae, 3 nagte, 24/7 KI-tutorbot, 4 aanlyn tutoriale): R3500
Kom ontdek ingenieurswese op ‘n manier wat jou sal inspireer! 🚀🔬
Spasies is beperk, so moenie hierdie ongelooflike geleentheid om jou toekoms in ingenieurswese te verken misloop nie.
Registreer nou om jou plek te verseker!
Vir navrae kontak asseblief Mev A.Danster: Angie.Danster@nwu.ac.za