By die NWU se Fakulteit Ingenieurswese is ons visie eenvoudig om die wêreld ten goede te verander. Ons wil dit doen deur ingenieurs op te lei wat die wêreld kan en wil verander deur middel van voorpuntnavorsing, deur oplossings vir die wêreld se probleme te vind en deur die ingenieursberoep te beoefen op 'n manier wat 'n positiewe verskil maak.