Die NWU sal Ingenieursweke aanbied in 2024.

Ingenieursdag 2024

Ons Ingenieursdae en week sal op die volgende datums by ons  Potchefstroomkampus binne perseel van ons fakulteit ingenieurswese gehou word: 

Ingenieursdae

  • Saterdag - 5 April 2024
  • Donderdag - 26 September 2024

Een(1) Ingenieursweek

  • 2 - 5 Julie 2024

 

Die doel van hierdie unieke program is om leerders in graad 8 tot 12 bekend te stel aan die ingenieurswese as opwindende loopbaanopsie en hom hulle te motiveer en te begeester betreffende hulle die skoolvakke Wiskunde en Fisiese Wetenskappe.

Op hierdie dag sal leerders die geleentheid kry om op 'n prettige en interaktiewe manier met ingenieurs, ingenieurstudente en ingenieursdosente te skakel. Hulle sal ook die ingenieursfisiese fasiliteite ervaar en 'n voorsmakie van die studentelewe kry, deur middle van die kampustoer. Die leerders sal aan ons vier Ingenieurskole voorgestel word, en hulle sal die geleentheid kry om by twee skole van hul keuse betrokke te raak deur prettige projekte wat hulle huis toe kan neem.

  • Bedryfsingenieurswese
  • Chemiese ingenieurswese
  • Meganiese Ingenieurswese
  • Elektriese, Elektroniese en Rekenaar Ingenieurswese

 

Meer besonderhede sal oor die einde van die jaar volg.

 

Vir navrae kontak asseblief Mev A.Danster: Angie.Danster@nwu.ac.za