Ingenieursweke (28 - 31 Maart 2023 en 11 - 14 Julie 2023)
Beide Ingenieursweke sal by die Potchefstroomkampus op die perseel van ons fakulteit gehou word. Die eerste een sal plaasvind vanaf die 28ste tot die 31ste Maart 2023, gevolg deur die tweede een van die 11de tot die 14de Julie 2023.
Tydens die Ingenieursweke sal leerders van graad 10 tot 12 ʼn unieke geleentheid kry om die NWU Potchefstroom vir 4 dae te ervaar.
Hulle sal blootstelling kry aan al sewe (7) van die ingenieursprogramme wat by die NWU aangebied word, naamlik:
- Chemiese- en Mineraalingenieurswese
- Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswese
- Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
- Elektromeganiese Ingenieurswese
- Bedryfsingenieurswese
- Meganiese Ingenieurswese
- Megatroniese Ingenieurswese
Die koste vir die Ingenieursweek is R 2 900 per leerder. Dit sluit die volgende in: Drie nagte verblyf in die Elgro Hotel; daaglikse vervoer tussen die hotel en kampus/ industriebesoeke; drie maaltye per dag; ‘n Ingenieursweek T-hemp; all materiaal en toerusting vir vier Ingenieursprojekte.
Moenie die wonderlike ingenieurservaring misloop nie. Plek is beperk, so registreer dadelik om joune te verseker.
KLIK HIER OM TE REGISTEER VIR DIE MAART INGENIEURSWEEK KLIK HIER OM TE REGISTEER VIR DIE JULIE INGENIEURSWEEK
|