Studente deel kundigheid om plaaslike behoeftes aan te spreek

Studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het ontdek dat seep in hotelle en gastehuise dikwels slegs een keer gebruik word en dan weggegooi word. Hulle het gevolglik met ‘n inisiatief vorendag te kom om juis dié afval seep te herwin.

Die Lesego seepprojek is in ‘n samewerkingsooreenkoms met studente en dosente van die Fakulteit Ingenieurswese en ‘n nie-winsgewende organisasie genaamd Enactus.  

Volgens Enactus se president, Tshegofatso  Lekabe is hulle getaak om ‘n platform te skep waar studente hand-aan-hand met opvoeders en sakeleiers werk om die lewensbestaan van lede van die plaaslike gemeenskap te verbeter.

Verskeie hotelle en gastehuis is geïdentifiseer en ‘n logistieke plan is sommer dadelik op die been gebring. Kort voor lank het studente begin om dié gebruikte seep in te samel, herwin en nuwe seep te vervaardig.

Die herwinde seep word dan aan sowat een honderd behoeftige gemeenskapslede in Ikageng versprei en die res word weer aan die betrokke hotelle en gastehuise terug verkoop.

 

Indien enige iemand daarin belangstel om gebruikte seep aan dié inisiatief te skenk, kan Tshegofatso by nwuenactus@gmail.com bereik word of op 076 614 0853 gekontak word.

Gemeenskapsverbintenis projekte:

Klik hier om meer foto's van ons gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte te sien