Voornemende studente in Ingenieurswese wat reeds graad 12 voltooi het en wat nie aan al die  minimum toelatingsvereistes voldoen nie, sal slegs op aanbeveling van die keuringskomitee uitgenooi word om die Ingenieurstoets af te lê. Om vir die Ingenieurstoets genooi te word, moet jy ten minste aan die volgende vereistes voldoen:

  • 65% vir Wiskunde, Fisiese Wetenskap en
  • 60% vir Afrikaans/Engels (taal van onderrig)
  • 31 APS

Aansoekers wat naskools verdere studies onderneem het, moet gedetailleerde en volledige akademiese rekords van alle naskoolse vakke inhandig waarvoor ingeskryf was, asook `n volledige CV. Die keuringskomitee sal dan bepaal of dit nodig is om die Ingenieurstoets te skryf.

Die Ingenieurstoets kan net op uitnodiging geskryf word.

 

Wanneer kan jy die Ingenieurstoets aflê?

Voornemende studente wat die ingenieurstoets moet skryf, sal gekontak word om 'n geskikte tydgleuf te skeduleer. Die ingenieurstoets word aanlyn geskryf vir jou veiligheid en gerief. Jy mag die toets by jou huis skryf, of by die skool of enige plek waar jy `n rekenaar en internettoegang kan reël. Jy mag enige staanrekenaar of skootrekenaar gebruik indien jy die volgende kan verseker: 
 
  1. `n stil kamer – nie jy of enige iemand anders mag in of uit beweeg nie,
  2. `n stabiele netwerk,
  3. `n web-kamera,
  4.  genoeg data (ten minste 5 GB), en
  5. 'n selfoon met data.
Maak voorsiening dat jy vir ten minste 3 ure kan besig wees. Die wyse waarop die toets afgeneem sal word, sal per e-pos aan jou gekommunikeer word. 
 
Rig navrae aan Sonette Becker by (018) 299 1318 of via e-pos by sonette.becker@nwu.ac.za.