Mense wat hul werk en selfs hul huise verloor, plaas baie druk op PAWS om diere te red van gesinne wat nie in staat is om na hul diere om te sien nie. Donasies is min a.g.v. die huidige ekonomiese krisis en die gevolglike druk op maatskappye en individue. Ons doelwit is om werklose lede van die plaaslike gemeenskap te werf en uiteindelik 'n tegniese span tot stand te bring om te voldoen aan die behoeftes van organisasies soos PAWS en ander organisasies sonder winsoogmerk.