DIe mensdom bestaan nie net uit een geslag nie, en daarom is dit belangrik dat die sektor wat verantwoordelik is vir die skep van nuwe produkte, prosesse en stelsels ook nie deur net een geslag oorheers word nie. Die doel van die Vroue in Ingenieurswese-program is om die aantal vroulike ingenieurs te verhoog wat in diens geneem kan word in die bedryf, om geslagsgelykheid in die werkplek teweeg te bring, en om te verseker dat diverse perspektiewe op die probleme wat in die bedryf ervaar word gegee kan word. Die doelstellings van hierdie program is:

  • Om Suid-Afrikaanse hoërskoolmeisies se belangstelling in ingenieurswese aan te wakker en ingenieurswese en verwante studierigtings meer toeganklik te maak vir hulle; en
  • Om bestaande vroulike ingenieurswesestudente aan die NWU te ondersteun, hulle aan te moedig en te inspireer om hul studies suksesvol te voltooi.

Ons werk tans aan ʼn aantal projekte:

  • Femmegineering: ʼn unieke aanlyn kursus wat meisies bekendstel aan die verskillende studierigtings in ingenieurswese aan die NWU en dit duidelik maak dat ingenieurswese nie net 'n loopbaan is waarin vroue kan deelneem nie, maar beslis ook kan uitblink in.
  • Modiragatsi: ʼn innovasie- en probleemoplossingskompetisie wat op beide produkontwikkeling en die besigheidsaspekte van daardie produk gemik is en wat deelnemers met waardevolle vaardighede toerus.
  • Femmtor: Ons glo dat ons eie studente die beste getuigskrif is van die waarde wat vroue tot die bedryf voeg - daarom het ons 'n beursskema vir vroulike studente wat as mentors by Femmegineering en Modiragatsi optree.

Femmegineering

Femmegineering is 'n unieke weeklange aanlyn-kursus en work gebruik as blootstellingsgeleentheid aangebied vir hoërskool meisies tot die verskillende ingenieursrigtings met behulp van die fakulteitspersoneel, studente en alumni. Sedert 2015 word die geleentheid al aangebied, met 'n baie hoë suksessyfer.

Vanjaar hou ons weer hierdie geleentheid: Lees meer oor "Femmegineering"

Modiragatsi-kompetisie

Die Modiragatsi-kompetisie is 'n innovasiekompetisie vir die jeug -18 jaar en word deur die NWU se Sakeskool tesame met die Fakulteit Ingenieurswese aangebied. Die kompetisie is 'n inisiatief wat jong meisies motiveer om nie net die probleme in hul gemeenskappe raak te sien nie, maar ook aktief by die skep van 'n oplossing betrokke te raak: Lees meer oor die Modiragatsi-kompetisie.