Xcel-program


Wat is die Xcel-program?
Die Xcel-program is ’n oorbruggingsprogram wat studente vir ingenieurstudies voorberei. Die program 
bestaan uit twee hoofgedeeltes:


Wiskunde en Fisiese Wetenskappe (Basiese Onderwys)
1.  Die studente word in klein klasse hanteer. Daar is slegs 25 plekke beskikbaar. Plek vir die 
Xcel-progran is dus onderhewig aan streng keuring.
2.  Die studente het die geleentheid om nuwe SBA-punte op te bou (skoolgebaseerde 
assesseringspunte). Die SBA is 'n portefeulje met bewyse wat tot die finale assessering in die 
matriekeindeksamen bydra.
3.  Die studente herhaal die graad 11 en 12 kurrikulum (soms word graad 10-inhoud ook herhaal). 
Daar is 10 ure Wiskunde- en 10 ure Fisiese Wetenskapklasse per week. Bykomend is daar 2 ure 
tutoriaalklasse per vak per week. Klasbywoning is verpligtend.
4.  Die studente skryf weer tydens die NSS-eksamen Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Dit word onder 
toesig van die Departement van Basiese Onderwys by Hoërskool Ferdinand Postma geskryf.  Alle klasse 
word op die Ferdinand Postma kampus
aangebied.

Universiteitsaanbiedings (Hoër Onderwys)
1.  ALDE111 en ALDE121 (Academic Literacy Development)

Die Xcel-studente registreer vir ʼn enkele universiteitsvak (ALDE111 en 121: taal-, lees- en 
skryfvaardighede) en is dus NWU-studente. Dit is belangrik om te leer om eie verantwoordelikheid 
vir ʼn vak te neem en deel van groot klasse te wees. Hulle moet ALDE111 in die eerste semester slaag 
om met ALDE121 in die tweede semester te kan voortgaan. Studente wat dus ALDE111 druip, sal 
ongelukkig die Xcel-program voor die aanvang van die tweede semester moet staak.

2.  CAD (Computer Aided Design) en Programmering
Hulle neem ook twee vaardigheidsvakke wat hulle vir die ingenieursprogramme voorberei. Die studente 
maak 3D-afdrukkings van hul ontwerpe en demonstreer die ontwerpe voor ʼn paneel van ingenieurs, wat 
hulle ook evalueer. Dit is ter voorbereiding vir hulle finalejaars-
ingenieursprojek wat nasionaal deur ʼn paneel van ingenieurs beoordeel sal word.

Gedurende  die  Xcel-jaar  ontwikkel  studente  goeie  studiegewoontes,  effektiewe studiemetodes 
en tydsbestuursvaardighede. Individuele akademiese- en sielkundige ondersteuning is beskikbaar.

Ons beveel nie universiteitskoshuisverblyf aan nie, aangesien koshuisaktiwiteite dikwels met die 
verpligte klasse in die Xcel-program bots. Verblyf is op die perseel van Hoërskool Ferdinand Postma 
beskikbaar . Die skool bied ’n keuse van woonstelle en ook ’n studentehuis vir mansstudente, wat 
gerieflike en praktiese verblyfopsies is.

Kontak gerus vir Mevrou Mariëtte Geldenhuys (ferdiesxcel@gmail.com) by (018) 290 5539 om die 
aansoekvorm vir die Xcel-program te verkry. Die aansoekvorm en brosjure kan ook hier besigtig en 
afgelaai word:https://engineering.nwu.ac.za/sites/engineering.nwu.ac.za/files/files/2026/XCEL/Application%20form%20Xcel%20for%202027.pdf

Die impak van ’n tweede kans
’n Tweede kans om beter matriekuitslae te behaal kan die sleutel tot ’n suksesvolle loopbaan in 
ingenieurswese wees. Deur die innoverende Xcel-program van die Noordwes-Universiteit (NWU), in 
vennootskap met Hoërskool Ferdinand Postma, word talentvolle matrikulante, wie se finale uitslae 
dalk in die pad van hul droom staan om ingenieurs te word, ’n waardevolle geleentheid gebied om hul 
passie na te streef.

Om meer oor die positiewe impak wat die Xcel-program reeds gemaak het, uit te vind, kliek
hier: https://news.nwu.ac.za/xcel-opening-closed-doors-engineering
 

"XCEL BROCHURE"